Dit is gedoen by Stilbaai Slaghuis, Stilbaai Slaghuis Deli en die Melkhoutfontein Deli. Lida Puren (Stilbaai Slaghuis Deli), Willie Meyer (Stilbaai Slaghuis) en Dianah Daries (Melkhoutfontein Deli) het Vrydag, 6 Junie hul vleis geskenkpakke by Maretta Herselman in ontvangs geneem.
Stilbaai Slaghuis gaan voortaan 'n maandelikse gelukkige trekking doen met aankope van R100 of meer. Aankope by aldrie winkels is geldig.
Koop volgens jou begroting
Daar gaan ook meer gekyk word na wat die kliënt kan bekostig met spesiale verpakte pakke om aan individuele behoeftes te voorsien. "Almal kry swaar en het ons besluit om 'n stelsel van koop wat jy kan bekostig te begin", verduidelik sy. Stilbaai Slaghuis bied nou ook produkte wat in kleiner porsies verpak word vir kleiner gesinne, enkellopendes en persone wat nie baie vleis op een slag koop nie. Vinnige etes is beskikbaar vanaf R8 tot R20 per rou ete.
Kontakbesonderhede
Stilbaai Slaghuis: 028 754 2877
Stilbaai Deli: 028 754 2880
Die vleisgeskenkpak was propvol met lekkernye gepak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'