ALBERTINIA NUUSFLTIS - ’n Nuwe bestuur is Donderdag 17 Mei tydens ’n vergadering vir Albertinia Sakekamer gekies.
Theuns Coetzee neem die warm stoel as voorsitter in en sal deur Boy van Rensburg as ondervoorsitter bygestaan word. André Malan is sekretaris, terwyl Santie Vermaak die geldsake as tesourier sal hanteer.
Volgens Coetzee wil hy die fokus op vier pilare uitbou, naamlik opleiding, werkskepping, bemagtiging en samewerking. Hy sien samewerking tussen besighede, georganiseerde groepe/organisasies en owerhede as kernbelangrik vir vordering.
“Die dorp beskik oor genoegsame kundigheid om groei te bewerkstellig en ons nooi besighede en georganiseerde groepe uit om by die sakekamer aan te sluit.”
Vir enige navrae kan Malan by 082 872 5478 gekontak word,
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'