Advertorial Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal Landbougenootskap bestaan reeds 154 jaar en het hierdie jaar weereens een van die opwindenste landbouskoue vir oud en jonk in die Wes-Kaap aangebied.
Nadat ons as gevolg van die inperkings in 2021 Riversdal Skou nie kon aanbied nie, het die opkoms van hierdie jaar se skou ons verwagtinge ver oortref!
Namens die komitee wil ons vir elke een van ons gaste wat die skou bygewoon het, baie dankie sê! Dit was baie lekker om ‘n slag na so lang tyd saam te kon kuier in ‘n eg-plattelandse atmosfeer. Mense was uitgehonger en lus vir ‘n lekker samesyn!
Ons wil ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor al ons vertoners, uitstallers en ons borge. Dankie ook aan die skoukomitee en alle persone vir die hulp voor, tydens en na die skou.
Baie dankie aan ons plaaslike skole wat in groot getalle betrokke was. Dankie ook aan ons leraars van die gemeenskap wat die Sondag saam gereël het aan die gesamentlike diens en dat alle kerkdienste by die skougronde kon wees.
Ons is baie opgewonde en hoop om julle almal weer volgende jaar daar te sien!
Vriendelike Groete
Pieter van Wyk
PRESIDENT
VIDEO - Riversdal Landbouskou 2022: 'n Kort nasmakie:
- Sel: 082 494 0631
- Epos: spitskop@vodamail.co.za
- Riversdal Landbougenootskap
Foto's: Madri Stegman Fotografie en Boeremeisie Photography and Design, Marinelle Fourie
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'