ALBERTINIA NUUS - Die skool behaal 'n 89,7% slaagsyfer en 'n totaal van 10 onderskeidings met hul 38 matrikulante na afloop van die 2017 nasionale senior sertifikaat-eksamen.
Volgens die waarnemende hoof, Anneli Booysen, is dit 'n aks slegter as die vorige jaar. Die dux-leerder, Ian Oosthuizen behaal 84,7% met vyf onderskeidings, Bernard Geldenhuys slaag met 70% en twee onderskeidings, terwyl Keaton Jantjies 69,5% behaal, ook met twee onderskeidings.
"Ons is dankbaar vir die leerders wat geslaag het. Die wat dit nie gemaak het nie, kwalifiseer gelukkig vir die her-eksamen in Februarie. Hulle moet net moed hou en vasbyt."
Voor van links: Dephney Prins, Rosemary Jansen, Christiaan Cameron, Ian Oosthuizen, Lenville Jansen en Jesse Havelaar. Middel: Raydi Tarentaal, Nadene Britz, Amy Michiel, Dillon Jantjies en Deuwin Prins. Agter: Tyrese Riddles, Bernard Geldenhuys, Franco Terblanche en Lee-quin Michaels.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'