Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Die eienaar van Carnival Foods, Martie Labuschagne en haar span. het besluit om nuwe lewe in die winkel te blaas.
Die naam, Carnival Foods, is gepas vir die soort vrolike en verskeidenheid kosse wat hulle nou bied. Van spookasem, wafel op 'n stokkie, melkskommels, springmielies met verskillende speserye, chip n dip, corn dogs, chip twirl, pizza cones, mini doughnuts, snow cones, droëwors, biltong en selfs tuisgebakte pasteie is daar van te kies. Die winkel lyk kompleet soos 'n karnaval met feesvlaggies en stalletjies.
Indien jy eerder jou dors wil les as om in die eetgoed weg te lê, kan jy nou ook gefiltreerde water by hulle koop. Bring jou eie houer of koop een wat reeds gevul is.
Hou jy van free range hoender? Hierdie is net die plek om dit te koop. Jy kan selfs 'n Russel Hobbs elektriese drukkoker wen wanneer jy 'n pak met gemengde stukke vir R60 koop.
Skud op, jy kan net tot Vrydag 10 Augustus in aanmerking kom. Die wenner sal Saterdag 11 Augustus aangekondig word.
Besoek vandag nog Carnival Foods op die hoek van Barry- en Hoofstraat.
Melwin Kiewiets het eers 'n draai by die nar gemaak nadat hy vir hom vars springmielies gekoop het.
Jasmyn September (bakker), Martie Labuschagne en Lena September in 'n vrolike luim tydens die opening van Carnival Foods.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'