Sponsored Content
SAKENUUS - Arrie Nel Fynbos Apteek en Kliniek in Stilbaai bly ’n gewilde keuse onder inwoners van die streek danksy hul fokus op persoonlike diens, toegewyde personeel en opregte kliëntesorg.
Die apteek se uitstekende diens is reeds erken toe hulle in 2025 as Best of Hessequa in hul kategorie aangewys is.
Volgens eienaar en apteker Willie Delport is kliëntediens die hoeksteen van hul sukses.
“Dit is vir ons belangrik dat ons kliëntediens van die hoogste standaard is. Indien daar areas is waar ons kan verbeter, wil ons dit graag weet,” sê Delport.
Die span se vriendelike en bekwame diens, mededingende pryse en uitgebreide produkreeks dra daartoe by dat kliënte jaar ná jaar terugkeer.
’n Groot voordeel is hul gratis afleweringsdiens in Stilbaai, Albertinia, Jongensfontein en Melkhoutfontein, met aflewerings wat selfs sonder ekstra koste tot in Gauteng kan geskied deur Arrie Nel se eie vervoernetwerk.
“Ons streef daarna om die beste diens teen die beste moontlike pryse te bied. Min ondernemings kan steeds gratis aflewering na omliggende dorpe soos Albertinia bied,” verduidelik Delport.
Hierdie kombinasie van professionele advies, toeganklikheid en persoonlike aandag het Arrie Nel Fynbos Apteek en Kliniek gevestig as ’n vertroude naam in die gemeenskap.
Hul nominasie vir Best of Hessequa 2026 bevestig die sterk verhouding wat hulle oor jare met hul kliënte opgebou het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’