RIVERSDAL NUUS - Die gr.10-leerders het vanjaar die sewende jaarlikse Bio-kamp by Grootvadersbosch naby Heidelberg bygewoon.
Die aanbieders van Landmark Foundation het op omgewingsopvoeding, bewaring en die holistiese benadering tot landboubestuur gefokus.
Die hoofdoel is om die teorie in die klaskamer te versoen met praktiese ervaring deur gebruik te maak van die bewaring van luiperds.
Hulle beweging, habitat en gedrag word in diepte ondersoek.
Observasie van die kamp ten opsigte van wind, sonlig, skuiling en netheid is beklemtoon.
Waardes insake bewusmaking en dankbaarheid vir dit wat die planeet ons bied, is vasgelê.
Die kampleuse was 'Los altyd 'n plek beter as wat jy dit gekry het.'
Die gr. 10-leerders wat die kamp bygewoon het ontvang hul sertifikate. By hulle is mnr. Jandré Botha (Oakdale-opvoeder), me. Monica Vacarno en mnr. Harry Lewis van Landmark Foundation.