Agt kore van sover as Mosselbaai, McGregor, Bonnievale, Barrydale en Zoar het deelgeneem. Die kompetisie het saamgeval met die twee plaaslike kore, Loving Shepherds en New Born Stars se 60 en 20 bestaansjarige vieringe. Sertifikate van waardering is aan beide kore se ou garde oorhandig. Die verrigtinge is deur die SWDKKU voorsitter, mnr. Davin Hull geopen.
Past. Nicky Crouwcamp het met skriflesing en gebed die die samekoms geseën. Die gasspreker was me. Emor Nel, Hessequa Burgemeester. Nel het in haar kort, maar omvattende toespraak, die kore bedank vir hul passie en toewyding om die kultuur wat volgens navorsing so vroeg as 1838 op Genadendal beoefen was, voort te sit. "Musiek en veral julle musiek bly ’n samebindende faktor onder alle Suid Afrikaners" het sy beklemtoon.
Die musiekstuk vir die Solo was Psalm 150. Volgens die beoordeelaars van die item was die musiek wat deur die vyf kore opgedis was, van hoë gehalte. Daar was egter vroeër vrese dat die kompetisie ontwrig sou word, aangesien daar nog ’n koor onder leiding van mnr. Desmond Esau, wat op alleenreg op die naam Loving Shepherds eise lê, ’n dringende hof aansoek ingedien het om die Loving Shepherds onder leiding van mnr. Frans Fielies, te keer om dié naam te gebruik.

Royal Crusaders van Riversdal.

ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS