STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers se Kerskonsert Vrydagaand 8 Desember het weereens nie teleurgestel nie.
Die Gemeenskapsaal in Stilbaai was van hoek tot kant gepak met 400 musiek liefhebbers wat soms op die punte van hulle stoele gesit het.
Benewens die drie kore was daar ook solo optredes, duette, trio's en kwartette.
Die aand is afgesluit met "We wish you a merry Christmas" met die gehoor wat soos een man opgestaan en uit volle bors saam met die koorlede gesing het.
Die Stilbaai Sangers bestaan uit drie kore, die Mannekoor, Disa Dameskoor en die Seisoene Sangers wat uit mans en dames bestaan.
Hulle sing omdat dit vir hulle lekker is en geld wat hulle in deur middel van skenkings en vrywillige kollektes ploeg hulle terug in die gemeenskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’