STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-musiekvereniging het Donderdagaand, 11 Mei, met hulle drie kore Stilbaaiers op hulle voete gehad met hulle Sound of Music-opvoering.
Die mannekoor, wat al 10 jaar bestaan, die dameskoor wat in September 2021 gevorm is en die Seisoene Sangers, ‘n gemengde koor het die een na die ander treffer ingeryg en die gehoor in vervoering gehad.
Die vereniging vra nie toegangsgeld nie, maar wel ‘n sagte kollekte en hierdie geld word dan na die opvoering uitgedeel aan liefdadigheidsorganisasies in en om Stilbaai.
Foto: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’