Die plaaslike Kersfeeskoor, Loving Shepherds, wat ook die gasheerkoor was, het met die louere as algehele wenners weggestap.
Loving Shepherds wat in die afdelings Tiny Tots, Juniors en Seniors die eerste plek behaal het, moes die knie in die gesogte solo musiekstuk, 'How Excellent', buig toe Wisemen of the East van Elsiesrivier die kroon naelskraap voor Young Royal Shepherds van Heidelberg opgeraap het.
The Fleet van Worcester was in die derde plek, terwyl Loving Shepherds tevrede moes wees met die vierde plek wat hul gesamentlik met Progress van Swellendam gedeel het. Young Royal Shepherds, wat nie aan die unie verbonde is nie, het as ’n gaskoor opgetree.
Die verrigtinge is deur vele hooggeplaastes, waaronder rdl. Emor Nel, Hessequa burgemeester en Colin Josephs, lid van die raad van provinsies, bygewoon. Beide Nel en Josephs het ruim skenkings aan onderskeidelik Loving Shepherds en die Boland unie oorhandig.
Sien nog foto's hier.

Selwyn Mufumbi van Wisemen of the East ontvang die trofee vir die solo-afdeling van rdl. Emor Nel en Anneline Kistoor.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'