HEIDELBERG NUUS - Ná ses weke se harde werk en baie oefening het die konsertweek aangebreek.
Elke tweede jaar hou die laerskool konsert, maar as gevolg van die pandemie moes Hatties vier jaar wag.
Dit het tot die fantastiese twee vertonings op 18 en 19 Mei gelei. Die entoesiasme en dissipline op en onder die verhoog het dit beklemtoon; kinders wil konsert hou.
Die twee omroepers, Unathi Rademan en Amoret Bekker van Hatties 96.5 FM het die 'luisteraars' vermaak met spreekkore, danse, musiek, 'n grondslagfase toneelstuk en 'n laerskool toneelstuk.
Die pragtige grimering, haarversierings en helder blink kostuums het elke leerder wat op die verhoog verskyn het, met selfvertroue gevul.
Die skool is trots op sy diversiteit, balans en geleenthede wat hy vir élke kind skep.
Hatties 96.5 FM het in sy visie geslaag om vir elke kind die kans te gee om sy merk op die planke te maak en geleenthede te skep.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'