Me. Emor Nel, Hessequa uitvoerende burgemeester was die gasspreker. Benewens Nel se boodskap van bemoediging aan veral die jeugdiges teenwoordig, het sy aan die koor 'n welkome finansiële hupstoot beloof om hul strewe om veral gospelmusiek onder die jeug te bevorder, te verwesenlik. Rdl. Caroline Skietekat van Eden distriksmunisipaliteit het die aanwesiges ook kortliks toegespreek en Die Crusaders Gospel orkes van Suurbraak het 'n paar inspirerende musiekitems gelewer.
Volgens Edom wil hy sy kennis wat hy deur die jare opgedoen het, veral met die jeug deel om hulle te bemagtig om nie net na musiek te luister nie, maar ook om verskeie instrumente te bespeel.
"Daar is soveel talent onder die jeug verborge, dit moet net ontwikkel word," het hy gesê en bygevoeg dat ouers 'n aktiewe rol in die opvoeding van hul kinders moet speel om sodoende 'n positiewe ingesteldheid by hulle in te boesem.
Edom het weereens meesterlik bewys dat musiekinstrumente met 'n absolute passie bespeel moet word om sodoende sielsvereikende musiek aan jou gehoor te verskaf. Die koor is na elke lied met groot ovasie toegejuig.

Die New Born Stars Kersfeeskoor onder leiding van Vicky Edom, heel links betower vir me. Emor Nel, Hessequa uitvoerende burgemeester met hul musiek.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS