MOSSELBAAI NUUS -Die Diaz Express bestaan uit Wickham Tipe 40 Merk II inspeksievoertuie wat plaaslik gerestoureer is. Een van die drie waentjies is oorspronklik in die ou Rhodesiese Spoorweë gebruik.
Die Diaz Express kan 30 mense met gemak vervoer en pendel teen 'n pas wat rondkyk aanmoedig.
Besprekings is noodsaaklik. Hierdie is ’n unieke ervaring om die pragtige kuslyn vanuit ’n ander hoek te beskou. Kontak: Pierre Moolman (079 810 4687) om vertrektye en koste te bevestig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'