Gallery
HEIDELBERG RUGBY-NUUSFLITS - Die plaaslike rugbyklub het Saterdag 12 Augustus in George seker hul beste vertoning vir die seisoen gelewer, toe hulle in die doodsnikke met 36-30 teen Evergreens van Pacaltsdorp die onderspit gedelf het.
Die rustydtelling in die SWDRU Premierligawedstryd was 20-12 in Heibi se guns.
Die tuisspan moes dié wedstryd met ‘n bonuspunt wen om aan hulle die laaste plek in die halfeindronde te verseker.
Oorgretigheid aan Heibi kant was waarskynlik hul grootste struikelblok om die wedstryd te wen.
Nagenoeg 3 000 toeskouers, waaronder ondersteuners van Progress en Barbarians, wat onderskeidelik eerste en tweede plekke op die ligatabel beklee, het dié opwindende wedstryd bygewoon.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'