18 Spanne het aan dié byeenkoms deelgeneem en het vanaf Swellendam, Witsand, Heidelberg, Stilbaai en natuurlik Riversdal self gekom.
Volgens mev. Ansie Cronjé, wat die kompetisie feitlik eiehandig op 79-jarige ouderdom georganiseer het, is sy tevrede met die opkoms en kon selfs die versengende hitte nie die deelnemers se entoesiasme demp nie. Louis en Elma le Roux van Stilbaai het ook aldrie hul wedstryde gewen (telling 6 + 15) en neem die tweede plek in. Sophia Bischoff en Koos Robberts van Heidelberg (telling 4 + 29) is in die derde plek.
* Inskrywings vir die besigheidsliga wat op 27 Februarie afskop en elke Donderdag daarna plaasvind, open op 20 Februarie. Alle belangstellendes is welkom, oud of jonk. Skakel mev. Cronjé by 028 713 1542.
Gert en Lizette Moore
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'