18 Spanne het aan dié byeenkoms deelgeneem en het vanaf Swellendam, Witsand, Heidelberg, Stilbaai en natuurlik Riversdal self gekom.
Volgens mev. Ansie Cronjé, wat die kompetisie feitlik eiehandig op 79-jarige ouderdom georganiseer het, is sy tevrede met die opkoms en kon selfs die versengende hitte nie die deelnemers se entoesiasme demp nie. "In die skroeiende hitte het elke speler van die 18 spanne 184 balle gerol en uitgeput deurgedruk na die einde," vertel sy.
"Gert en Lizette wat altyd goeie spel lewer, het hulself weereens bewys en die trofee in ons vertoonkas gehou. Ongelukkig verhuis hulle na Graaff-Reinette, 'n groot verlies vir ons klub."
Louis en Elma le Roux van Stilbaai het ook aldrie hul wedstryde gewen (telling 6 + 15) en neem die tweede plek in. Sophia Bischoff en Koos Robberts van Heidelberg (telling 4 + 29) is in die derde plek.
Die gesogte trofee wat op die spel was, is handgemaak in 1996 vir 'n dame van die klub wat verlede jaar oorlede is. Sy het dit voor haar dood vir 'n ander klublid, Johannes Streicher, gegee wat dit op sy beurt aan die klub geskenk het. 'n Juwelierswinkel in Mosselbaai wat die trofee graveer het, was verbaas oor die vakmanskap van die trofee.
* Inskrywings vir die besigheidsliga wat op 27 Februarie afskop en elke Donderdag daarna plaasvind, open op 20 Februarie. Alle belangstellendes is welkom, oud of jonk. Skakel mev. Cronjé by 028 713 1542.
Mev. Ansie Cronjé, organiseerder, staan by die naaswenners, Louis en Elma le Roux. Die president van die klub, mnr. Johan van Rensburg, kon nie die byeenkoms bywoon nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'