Die aanbeveling volg na die nodige aanstellingsproses gevolg is.
Die raad se aanbeveling is aan Anton Bredell (Wes-Kaapse minister van plaaslike regering), gestuur vir bekragtiging.
Die nodige bekragtiging vanaf die minister se kantoor is ontvang en Jacobs sal sy amptelike diens op 1 Maart aanvaar.
Burgemeester Grant Riddles het gesê die aanbeveling dat Jacobs aangestel word, is aan die raad voorgelê en het gepaard gegaan met ‘n volledige verslag oor die proses wat gevolg is.