Leerlinge in die armste 60% van die land se skole is teen die ouderdom van agt jaar reeds drie jaar agter hul maats in meer welgestelde skole. Teen gr. 9 is hulle vyf jaar agter met die begrip van hul skoolwerk. Die gevolg is dat slegs die helfte van leerlinge eindelik matriek haal.
Uit ’n hipotetiese klas van 100 kinders wat byvoorbeeld in 2003 begin skoolgaan het, sal slegs 49 in 2014 matriek haal, 37 van hulle slaag en 14 kwalifiseer om universiteit toe te gaan.