VERMAAKLIKHEID NUUS - Hierdie hond is Maandag 16 April op die Vermaaklikheidpad, ongeveer 27km buite Riversdal gevind nadat sy iemand tot by hul huis gevolg het.
Daar word vermoed dat die teef onlangs babas gehad het hoewel daar geen teken van die babas was nie.
Dit blyk dat die hond ’n kruising tussen ’n beagle (soort jaghond) en worshond is. Die persoon wat tans na die hond omsien het gesê: “Die hond is goed gemanierd en liefdevol. Ons het haar gevoer, maar sal haar ongelukkig nie kan hou nie.”
Indien iemand inligting oor die hond het of weet aan wie dit behoort kontak Suid-Kaap Forum se kantoor by 028 713 2468.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'