Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die Gouritsrivier wat Pieter Muller se plaas buite Herbertsdale kruis, het oorstroom as gevolg van bergwater.
Dit het vir groot kopkrap gesorg, want sy kudde beeste wat aan die een kant van die rivier loop vir weiding, moet daagliks twee keer aan die anderkant kom om gemelk te word.
Maar as 'n boer nie 'n plan het nie, maak hy een. Hy en 'n span werkers het op kano's sy beeste veilig aan die oorkant gekry.
VIDEO: Koeie swem-swem deur rivier
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'