ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike polisie is sterk op soek na die bestuurder van 'n Audi-passasiermotor wat vanoggend omstreeks 05:24 deur die vertoonvenster van Joubert Oogkundiges se gebou gebars het.
Die bestuurder het teen trappies opgejaag en deur die vertoonvenster gery en toe die ongelukstoneel verlaat sonder om die polisie in kennis te stel.
Die polisie het onmiddellik die toneel afgesper en het probeer om die eienaar op te spoor.
Die motorbestuurder is nog nie opgespoor nie, maar die polisie het glo iemand in gedagte wat hulle graag wil ondervra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’