Update
STILBAAI NUUS - Nadat Suid-Kaap Forum verlede week oor die Jacobs-bedrogsaak berig het, het klagtes en inligting oor die sogenaamde 'bedrogbende' ingestroom.
Daar word bespiegel dat Willem Jacobs, pa van Johan, nie so onskuldig is nie.
Jacobs senior en junior is gearresteer nadat 'n saak van bedrog teen hulle op Laingsburg gemaak is.
Willem is op borgtog van R5 000 vrygelaat, terwyl Johannes steeds in aanhouding was tot die volgende hofsaak op 28 Februarie.
Hy het vir borgtog aansoek gedoen en is op R30 000 vrygelaat.
Die Land Cruiser waarmee hulle by Jozef le Roes se plaas naby Laingsburg aangekom het, was moontlik gehuur of geleen omdat hulle klaarblyklik 'n goeie indruk by die eienaar wou skep.
Gemeentelede van die kerk waar Willem voorheen 'n predikant was, krap kop oor waar dié borggeld vandaan kom.
Die beskuldigdes moet weer op 24 April in die hof verskyn.
Klagtes strek sover terug as 2008 waarvan skape, bouprojekte en plase deel is.
Skaapbedrog van R164 000 is na bewering in 2016 gepleeg en die saak kom op 15 Maart in Heidelberg voor.
Jacobs junior moet nog vir ses verskillende sake, so ver as Pretoria, Garsfontein en nader aan die huis, Bellville, Brackenfell en Durbanville voorkom.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'