RIVERSDAL NUUS - Anneleen van Dyke, oudleerder en -onderhoofdogter in 2013, is as een van die toptien ekonomie-studente, in die land, tydens die Nedbank- en Old Mutual begrotingstoespraakkompetisie, gekies.
Dié kompetisie, is ontwerp om Suid-Afrika se talentvolste studente, in ekonomie en finansies, te motiveer en aan te spoor om tot nasionale debatte oor belangrike kwessies, by te dra.
Van Dyke studeer tans nog aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), en is besig met haar honneursgraad in BCom Ekonomie en Risikobestuur.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'