HESSEQUA NUUS - PREMIERSTOEKENNINGS: Die 2018 Wes-Kaap Nasionale Senior Sertifikaat Erkenningsgeleentheid het op 10 Januarie plaasgevind waartydens die Wes-Kaapse regering erkenning verleen het aan skole en individue wat tydens die matriekeksamen presteer het.
Die geselligheid word jaarliks by die premierswoning, Leeuwenhof, in samewerking met die WKOD aangebied.
Die skool het in twee kategorieë toekennings ontvang.
In die kategorie 'Grootste toename in die persentasie kandidate wat toegang tot baccalaureus-graadstudies verkry het in die periode 2016 tot 2018' beklee Oakdale die eerste plek.
Gedurende die 2018-eksamen het 9,7% gr. 12-leerders matrikulasievrystelling verwerf.
In die kategorie 'Akademiese Uitnemendheid' word erkenning verleen aan die top-20 akademies presterende skole in die Wes-Kaap. Die skool ontvang die toekenning vir die 16de posisie op die lys.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'