Gallery
STILBAAI NUUS - Die VLR van Laerskool Bertie Barnard het die inisiatief geneem om op 14 Februarie Vriendskapsdag te hou en die tema, 'Emoji' te gebruik.
Die wenners van die interessantste hoede in elke klas kon 'n prys wen, terwyl 'n klein fooitjie beteken het dat die skooluniform in die kas kon bly en gewone klere vir die hittige dag toegelaat is.
Hoede met temas wat gewissel het van spinnekoppe, 'n reuseroomys en selfs groter lantern, Jack Parow-pette, 'n Joker-hoed, baie vrolike hoede waarvan liefde en blomme die tema was, pouvere en selfs plastiekmannetjies wat ingespan is, het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap die dag op 14 Februarie gevier en Vriendskapsdag was (die gesiggies wat veral in elektroniese boodskappe gebruik word) kon oral gesien word.
Die skool en klaskamers is opgemaak, terwyl kolwyntjies verkoop is en 'n jolige atmosfeer geheers het.
Terwyl Pippie Langkous met haar vlegsels en Spiderman ook daar was.
Pippie Langkous met haar vlegsels.
'n Vlootpet is selfs vir die geleentheid opgediep.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'