Video
RIVERSDAL NUUS - Hessequa se beskermingsdienste het sopas hul jaarlikse Paasverwelkoming- en padveiligheidsveldtog by die N2 Jurisch Park buite Riversdal aangebied.
Die veldtog het ’n geïntegreerde K78-padblokkade ingesluit waar motoriste wat deur die munisipale gebied reis, bewus gemaak is van padveiligheid en verantwoordelike bestuur.
Verskeie instansies het ook pamflette en veiligheidsinligting aan padgebruikers uitgedeel.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’