STILBAAI NUUS - Seagulls het Saterdag 24 Mei gemengde weslae in Melkhoutfontein gehad in hulle wedstryde teen Evergreens van Pacaltsdorp.
Die A-span het vasgeval teen Evergreens en met 50 - 32 verloor in 'n harde wedstryd met groot tellings, maar hulle het nooit gaan lê nie en was die beter span in die tweede helfte.
Seagulls se B-span was die lig in die tonnel en het vir die tweede agtereenvolgende Saterdag as wenners van die veld gestap toe hulle Evergreens met 29 - 20 gewen het. Verseker 'n span om dop te hou.
Die C-span van Evergreens het daarin geslaag om Seagulls te klop met 27 - 14 nadat Seagulls met rustyd nog 14 - 8 voorgeloop het.
Saterdag 7 Junie speel Seagulls weg teen Heidelberg en dit beloof om 'n rillerstryd te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’