STILBAAI NUUS - Die gr. 7-leerders van Laerskool Bertie Barnard het Vrydag 26 September hulle entrepreneursdag by die skool gehou.
Volgens Lizel de Jager, EBW-onderwyseres, vorm dit deel van hulle ekonomiese bestuurswetenskap kurrikulum en die leerders moes alles self doen, van die beplanningsfase, die begroting, die aankoop en vervaardiging van produkte tot by die verkoop van die produk.
Die stalletjies is by die skoolterrein opgerig en het saamgeval met die skool se kaskarresies.
Daar is regtig baie moeite ingesit en van die produkte is in 'n japtrap verkoop.
Veral die kosstalletjies het goed gedoen en daar was selfs 'n perd waarop leerders kort ritte kon meemaak.
Te oordeel aan hierdie leerders se entoesiasme en ondernemingsgees is daar hoop vir ons land se ekonomiese toekoms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’