Update
RIVERSDAL NUUS - Die saak teen die Afrika-egpaar, wat verband hou met die moord van een van Riversdal se geliefde inwoners, Granwin 'Granny' Scholtz (34), is weer vandag, 4 November, na ’n vlugtige verskyning in die plaaslike streekhof uitgestel.
Die beskuldigdes, Burneth Ricardo (37) en sy vrou, Mauricio ‘Poplap’ Afrika, se saak is tot Woensdag 3 Desember uitgestel.
Die saak dien voor streeklanddros Mashau Ramalebana.
Volgens inligting wat by die hof ingedien is, was die egpaar se regsverteenwoordiger as gevolg van ongesteldheid nie vandag beskikbaar nie.
In teenstelling met vorige hofverskynings was daar nie ’n groot teenwoordigheid van die publiek buite die hof nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’