STILBAAI NUUS - Jeanne Hamman van Chas Everitt in Stilbaai het met vyf spogtoekennings weggestap tydens Chas Everitt Suid-Kaap se toekenningsgeleentheid Saterdag 1 November by Privelistia buite Jongensfontein.
Benewens die toekenning vir die topverkoopsagent is sy ook aangewys as die topverkoper wat eenhede aanbetref sowel as topverkoper in waarde van eenhede. Sy het ook die meeste maatskappy kommissie verdien en Private Property het haar aangewys as hoog geplaasde agent.
Charles de Kock, konsessiehouer en prinsipaal van Chas Everitt Suid-Kaap, het net lof vir Jeanne se harde werk en toewyding en sê dat sy van die begin af lojaal aan sy sy staan.
Jeanne is heel beskeie oor die toekennings en sê dat sy maar net haar werk na die beste van haar vermoë doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’