Update
RIVERSDAL NUUS - Janique Gerber (18), hoofmeisie van Hoërskool Langenhoven het vir vanjaar se Miss High School SA ingeskryf en is as een van die 15 finaliste gekies.
Haar grootse vooruitsig was om 'n projek te begin waarby die plaaslike gemeenskap kan baat, veral waar kinders betrokke is.
Sy het besluit om Sally se Sopkombuis te ondersteun deur kos en ander benodigdhede daarvoor in te samel. Janique het dit reeds aan haar oorhandig.
"Ek is baie dankbaar vir die Here en vir haar wat die goedjies vir my bymekaar gemaak het. Ons kan alles gebruik en dit is 'n groot seën. Dankie aan almal wat 'n bydrae gemaak het en vir die moeite wat gedoen is om dit hier te kry.
"'n Kind wat vra is werklik honger en wanneer my kind vir my kom vra, kan ek nie vir hom 'n klip gee nie," vertel Hartnick. Dít het haar gemotiveer om 'n sopkombuis sedert 2006 vanuit haar huis te bedryf.
Janique neem in Desember aan die eindronde van Miss High School SA in Johannesburg deel.
Jou stem kan help dat 'n plaaslike leerder die volgende Miss High School SA is. SMS 'GEES MHS JANIQUE' na 37587.
Lees vorige artikels hier:
- Sy wil die kroon dra
- Plaaslike leerder 'n finalis
- Unieke Janique gee nie sommer moed op nie
- Janique wants to be a positive influence
- Local High School girl a finalist
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'