SUID-KAAP NUUS - Die sewende Erfenistoer van die Suid-Kaap Oumotorklub vind vanjaar vanaf 21 tot 25 September aan die Weskus plaas.
Die toer gedenk nasionale Erfenisdag en val saam met die Weskus se blommeprag wat jaarliks in die lente duisende besoekers van oor die wêreld lok.
Die 2018 Erfenistoer word moontlik gemaak deur Montego Pet Nutrition. Hannes en Carol-Ann van Jaarsveld, eienaars van Montego, wat in Graaff-Reinet gesetel is, is self oumotorentoesiaste.
"Ons borg die Erfenistoer omdat ou karre ons as gesin baie na aan die hart lê," sê Hannes. "Ons voel dat ons met die borgskap kan bydra om ons motorgeskiedenis vir die nageslag te bewaar."
Die oumotors lok gewoonlik groot belangstelling waar hulle ook al gaan en inwoners van die dorpe waar hulle aandoen en oorbly kan uitsien na 'n skouspel van motors uit toeka se dae.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'