ALBERTINIA NUUS - Albertinia Versorgings-dienste het op Saterdag 12 Augustus hul jaarlikse gholfdag by Albertinia-gholfklub gehou.
Rdsl. Hendrik Saayman het die dag begin deur die eerste bal af te slaan. Die gholfspelers van die gemeenskap en omliggende dorpe het die geleentheid wonderlik ondersteun.
Hardwerkende vroue van die versorgingsdienste het fluks pannekoek, poeding en koffie verkoop en danksy 'n baie suksesvolle veiling kon die dag op 'n hoë noot afgesluit word.
Albertinia-versorgingsdienste wil elke speler, borg en ondersteuner bedank wat 'n bydrae gelewer het.
Sonder die ondersteuning van só 'n gemeenskap sal hulle nie kan voortbestaan nie.
Personeel van Albertinia-versorgingsdienste wat by hul jaarlikse gholfdag in Albertinia betrokke was. Elriza Coetzee (bestuurder), Annelise Minnie (boekhouer), Santie van Tonder (spyseniering), Rita Olivier (assistent) en Hetta Wiehman (administratiewe beampte en organiseerder).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’