HESSEQUA NUUS - Die topvyf braaibroodjiemeesters wat verlede week aangewys is, gaan Saterdag 3 September by 'n proegeleentheid teen mekaar meeding om as Hessequa se algehele braaibroodjiemeester aangewys te word.
Lézanne Zietsman, Yolanda Prinsloo, Renatha Gotz, Madeleine Theart en Terence Lievaart gaan hulle resepte verklap en ook wys hoe om hul besondere braaibroodjie voor te berei.
Die pryse waarom meegeding word, is (in geen spesifieke volgorde nie) 'n geskenkbewys van De Doornkraal Historic Country House wat 'n ete vir een persoon en wynproe vir twee persone insluit, 'n Jakkalsvlei-geskenkpak met 'n verskeidenheid van hul wyne en 'n geskenkbewys van Riversdal SuperSpar.
Hout word deur Legends, Riversdal voorsien.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'