RIVERSDAL NUUS - Japie Prins van Riversdal is Maandag 11 Februarie oorlede, 'n groot skok vir diegene wat hom geken het.
Hy was meer bekend as Japie Vissie, 'n bynaam wat hy verdien het omdat hy as jongman met die beuel en 'n Dodge-bakkie vis vir wyle Thys Cronjé (Thys Vissie), visbaron van Stilbaai verkoop het.
Japie tree in die huwelik op 26 Oktober 1981 met Elizabeth Claasen, oudonderwyser en munisipale raadslid.
Sy sterf op 6 Maart 2017 as gevolg van kanker.
Hy werk later by MJ de Jager, die boekwinkel van Coba Myburgh.
Hy was ook 'n algemene werker saam met wyle Ivan Steyn by die watersuiweringsafdeling van Riversdal-munisipaliteit.
In 1988 begin hy as algemene werker by Gerrit du Plessis Senior Sekondêr.
Die besnoeiingsmaatreëls van die onderwysdepartement veroorsaak dat hy egter botallig verklaar word en begin by De Waalville Primêr op Heidelberg, ook as algemene werker.
Hy moet later as gevolg van swak gesondheid uittree.
Japie word oorleef deur 'n dogter en twee kleinkinders.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'