Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Tamsin Manuels, opvoeder by Melkhoutfontein Primêre Skool het 'n Ouma en Oupa-projek geloods net voor die skole gesluit het, waar die leerders saam met verskeie individue en besighede toiletware kon skenk.
Volgens Manuels het hulle sowat 100 geskenkpakkies aan behoeftige bejaardes geskenk.
Fotogalery: Melkhout Primêr Ouma en Oupa-projek
Die oumas en oupas wat 'n pakkie ontvang het, was baie in hul skik met die goeie gebaar van die “goeie Samaritane” en kon hulle nie genoeg daarvoor bedank nie.
Merinda Daries, Isabel Van Zyl, Lisa Kroes en Belinda Wagenaar het die geskenkpakkies gaan uitdeel.
’n Paar van die geskenkpakkies.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'