RIVERSDAL NUUS - Jy kan iemand se held word deur slegs ‘n bietjie van jou bloed te gaan skenk.
Riversdallers het Donderdag 10 November ‘n gulde geleentheid daarvoor. Al wat jy hoef te doen, is om ‘n paar minute van jou tyd af te staan.
Die Wes-Kaap Bloeddiens sal vanaf 14:00 tot 18:45 by die ouditorum wees.
Jy mag bloed skenk indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'