Mnr. Thomas Meyers, 'n munisipale werker, se Volkwagen Polo het binne minute nadat dit vlamgevat het, uitgebrand terwyl hy oppad huis toe was om goedere te gaan aflaai. Volgens Meyers het hy gesien dat daar rook voor uitkom net nadat hy op die N2 ingedraai het.
"Ek het uitgeklim, voor oopgemaak en vlamme gesien en my kragsaag agter uitgehaal terwyl ek maar moes toekyk hoe my motor uitbrand".
Meyers vertel dat daar vier polisievoertuie op die toneel was, maar dat nie een toegerus was met 'n werkbare brandblusser nie. Hy het ook sy misnoeë oor die afwesigheid van brandweerdienste in die dorp uitgespreek.
Die brandweerwa het eers op die toneel opgedaag toe daar niks meer oor was om te red nie. Hulle het glo 'n geval in Stilbaai vroeër gehad.

Die eienaar moes toekyk terwyl die vlamme sy motor tot ’n wrak vernietig. Foto's: Cllive Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'