STILBAAI NUUS - Vrywilligers van NSRI Stasie 31 gaan Saterdag 22 Julie die organisasie se 50ste bestaansjaar met ‘n spesiale opedag vier.
Die program begin om 11:00 by Stasie 31 en sal tot 14:00 duur. Besoekers sal ‘n geleentheid kry om eerstehands te sien waaroor NSRI handel.
Buiten ‘n uitstalling oor hul werksaamhede sal die ‘Waterwise’-program vir kinders onder 14 jaar aangebied word. Om 12:00 sal die vrywilligers aan ‘n land- en-see reddingsoefening deelneem.
Verrigtinge word die aand om 18:30 met ‘n spitbraai by Stilbaai Hengelklub afgesluit.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'