MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die provinsiale minister: menslike nedersettings, Bonginkozi Madikizela was Donderdag 7 September die eregas tydens die oorhandiging van huise in Harmony Park Noord op die dorp.
Altesaam 13 huise is in die rondte oorhandig.
Die minister het sy tevredenheid met die projek en die vordering wat die munisipaliteit in die verband maak, geloof.
Van links is onder-burgemeester Johannes Hartnick, rdl. Margaret Jakobs, min. Madikizela, Hessequa-burgemeester Grant Riddles en rdl. Maria Fielies by die eerste huis wat oorhandig is.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'