RIVERSDAL NUUSFLITS - Anna Hendriks moes een van haar niere aan haar seun, Wayne Esau afstaan nadat hulle nie ‘n gepaste nier vir hom kon vind nie.
Hulle is na Rooikruis-hospitaal verwys waar hulle hom ondersoek en bloed getrek het. Eers met die tweede besoek kon hulle die uitslae ontvang.
Die slegte nuus dat Wayne se niere begin ingee het, het sy ma geskok.
Die dokter kon nie sê wat die oorsaak daarvan was nie.
Hy is kort daarna in die hospitaal opgeneem en het vir die eerste maal dialise ontvang, waarna dit beter gegaan het.
Anna moes leer hoe om met die tuis-dialise toerusting te werk sodat Wayne tuis versorg kon word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa, Karoo nuus'