GOURITSMOND NUUSFLITS - 'n Liggaam van 'n onbekende man het vroeër vanmiddag om ongeveer 12:00 by Skulpiesbaai uitgespoel.
'n Inwoner het op die liggaam afgekom en die polisie ontbied.
Die ouderdom en ras van die man is onbekend en 'n lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van dood vas te stel.
Indien enigiemand inligting oor die man kan verskaf, of dalk iemand vermis kan hulle sers. Deon Jansen by die speurtak by 028 735 8046 skakel.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'