Die 1077 leerders van die skool ontvang daagliks ‘n bord gekookte kos gedurende eerste pouse. Leerders wat vroeg by die skool is, kan ook voor skool reeds ‘n bord pap geniet. Vrugte en melk word op ‘n gereelde basis aan leerders voorsien.
"Hierdie voedingskema lewer ‘n groot bydrae tot die leerders se ontvanklikheid vir skoolwerk. Die dames wat die kos kook, almal ouers, lewer werklik ‘n onbaatsugtige diens aan ons kinders.
"Die kos is altyd smaaklik voorberei en presies op tyd. Baie dankie aan mej. Ashline Prins, wat aan die hoof van die skema staan en haar span," sê mnr. Richard Flores, skoolhoof.
Bainca Goliath, Vivian Arendse, Marscheley Jantjies, Bulelwa Mgexa en Carmen Johannes van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool ontvang elk 'n bord kos tydens pouse.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'