Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Vanjaar se Kultuurweek wat deur Laerskool Bertie Barnard vir die tweede agtereenvolgende jaar oor drie dae in September aangebied is, was weereens 'n groot sukses.
Die week het verskeie aktiwiteite ingesluit en het afgeskop met ‘n Melktertkompetisie waaraan 39 kinders en 16 volwassenes deelgeneem het.
Van die melkterte, asook handgemaakte items wat deur die skool se Hartlief-klas vervaardig is en ook leerders se kunswerke, tesame met ‘n groot verskeidenheid heerlike eetgoed kon by die teetuin, wat daagliks van vroeg tot laat oop was, aangekoop word.
Brawe drawwers en stappers en heelwat families het op die eerste dag ook ongure weerstoestande aangedurf om aan die 3 km-pretstap deel te neem, waar medaljes en pryse op die spel was.
Die gewilde Spar-ontbyt is weer goed deur plaaslike besighede en individue ondersteun.
Tussendeur is gereed gemaak vir die konsert met die tema ‘Somertoer deur die land - volg Bertie Barnard se bus’ wat in die gemeenskapsaal aangebied is en só gewild was dat dit die twee aande vol sale getrek het.
Die gewilde Spar-ontbyt is weer goed deur plaaslike besighede en individue ondersteun.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'