HESSEQUA NUUS - Kinders wat akademies wil floreer, het voedsel nodig om kennis te verwerf.
Oor die 8 000 leerders van gr. R tot gr. 12 kry vanjaar onderrig in die Hessequa-streek se 17 openbare skole.
Nagenoeg 4 700 van dié leerders word in elf primêre skole geslyp, onderrig én gevoed.
Die onderwysdepartement bedryf ‘n voedingskema ter bevordering van leerders se welstand. Die onverwerkte bestanddele word weekliks aan die skole voorsien en die kokke (tot vier in ‘n skool) berei die kos in toegeruste kombuise op die perseel voor, alles volgens ‘n spyskaart wat deur dieetkundiges opgestel is.
Sowat 3 400 word weeksdae met ‘n bakkie pap in die oggend en ‘n bordjie kos tydens die eerste pouse gevoed.
* Suid-Kaap FORUM ondersoek dié skema vandeesweek deeglik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’