HESSEQUA NUUS - Covid-19-inentings in die Hessequa-streek gaan hierdie week voort.
Datums
• Riversdal: Burgersentrum - 29 Junie tot 2 Julie
• Heidelberg: Duivenhoks-gemeenskapsaal – 29 en 20 Junie, 2 Julie
• Albertinia: Theronsville-saal – 1 en 2 Julie
• Melkhoutfontein: Sateliet-kliniek – 30 Junie
• Stilbaai: Gemeenskapsaal – 29 Junie, 1 & 2 Julie
• Slangrivier: Sateliet-kliniek – 2 Julie
• Witsand: De Duine-saal – 30 Junie
• Gouritsmond: Saal – 30 Junie
Persone wat ‘n tweede SMS vir ‘n afspraak ontvang het, sal voorkeur geniet. Instappers ('walk ins') sal gehelp word tot voorraad hou.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'