Update
RIVERSDAL NUUS - Na aanleiding van ’n berig oor medisyne uit die koskas op ons webtuiste (22 April) waarin Des Coetzee haar rate vir ’n sterker immuunstelsel gedeel het, het Suid-Kaap Forum navraag ontvang oor die hoeveelhede kruie en speserye gebruik moet word.
Sy verskaf ’n paar riglyne vir die minimum-hoeveelhede wat daagliks voorkomend gebruik kan word, maar verdubbel kan word vir wanneer ’n mens griep het.
Knoffel - Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel 2-5g vars knoffel of 0,4 g gedroogde knoffel per dag aan.
Gemmer - Dokters beveel 3-4g gemmerekstrak per dag aan.
Borrie - Sprinkel borrie vars of in poeiervorm in tee, slaai, rys en stowegeregte. Die aanbevole daaglikse dosis van die aktiewe bestanddeel curcumin-ekstrak is 500-2 000 mg. Borrietee: Kook 7,5 ml borrie, ’n stukkie gemmer en twee skyfies suurlemoen vyf minute lank in drie koppies water. Versoet met heuning en drink drie maal per dag.
Rooipeper - (Cayenne Pepper) Die aktiewe bestanddeel is capsicum-ekstrak en die aanbevole daaglikse dosis is 1,350 mg. Die daaglikse dosis rooi brandrissie is 1g per maaltyd, dus 3g per dag.
Kaneel - Die spesery is gelaai met sterk anti-oksidante (polifenol) en die daaglikse dosis is 2-6g (1 - 2 teelepels.
Basiliekruid - Eet soveel as wat jy wil.
Roosmaryn - Dit bevat ’n hoë dosis van 6,65 mg yster per 100 g vars blare. Gebruik twee tot drie takkies per dag - gedroogde blare is meer gekonsentreerd. Spinasie bevat slegs 2,7 mg.
Paprika - Gedroogde soetrissie bevat ’n hoë dosis vitamien C wat help om griep te deur die winter te beveg. Een middelslag vrug verskaf 169% van die daaglikse aanbevole dosis, wat soetrissie die rykste aan vitamien C maak. Dit bevat ook vitamien B wat vir die vorming van rooibloedselle belangrik is.
Ment - Dit bevat menthol, ’n natuurlike histamien wat die groei van bakterieë bekamp. Dit verlig ook nasale kongestie.
Aanvullings
- Vitamien B3 (Niasien): 12 mg/dag;
- Vitamien C: 2 000mg/dag;
- Vitamien D: 0,047 mg/dag;
- Sink glukonaat: 29 mg/dag.
Gesondheidswinkels sal ook die aanbevole daaglikse dosis van voedingstowwe kan verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'