HESSEQUA NUUS - Die topvyf meesters in ons braaibroodjiekompetisie is aangewys.
Lézanne Zietsman, Yolanda Prinsloo, Renatha Gotz, Madeleine Theart en die enigste haan onder die henne, Terence Lievaart gaan by 'n proegeleentheid teen mekaar meeding om as Hessequa se braaibroodjiemeester aangewys te word.
Die geleentheid vind Saterdag 3 September by Legends in Riversdal vanaf 09:00 plaas.
Ons wil dit 'n lekker kuiergeleentheid maak, dus kan die persone wat ingeskryf het, 'n metgesel saambring wat dalk ook die braaibroodjie kan braai indien verkies.
Vir die kompetisie mag maksimum twee broodjies voorberei word, maar daarna kan julle soveel braai as wat julle wil.
Reëls
- Braaibroodjies moet op eie koste voorberei word;
- Slegs die bestanddele op die resep verskaf mag gebruik word; niks mag weggelaat of bygevoeg word nie
- Die opdiening van die braaibroodjie kan egter so aantreklik moontlik gemaak word met bykomstighede, solank dit nie op of in die broodjie is nie. Hout word deur Legends, Riversdal voorsien.
Pryse
- 'n Geskenkbewys van Riversdal SuperSpar
- Geskenkbewys van De Doornkraal Historic Country House wat 'n ete vir een persoon en wynproe vir twee persone insluit
- 'n Jakkalsvlei-geskenkpak met 'n verskeidenheid van hul wyne.
Beoordelaars
- Ben Potgieter, bestuurder van Legends
- Marlene Fladermuas, spysenier
- Eleane Burger van De Doornkraal Historic Country House.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'