RIVERSDAL NUUS - Riversdal het een van die wêreld se beste skilders ('n 'meester'), interessantste skrywer en 'n historikus soos min opgelewer. Sy ma het soveel teenstand op Molteno gehad dat sy na haar ma, mev. Keyter 'gevlug' het om geboorte aan hom te skenk. Hy is in 1923 gebore.
Hulle is toe weer terug na Molteno waar hy grootgeword het tot op vyf jaar toe sy pa oorlede is, waarna hulle by sy ouma in die dorp kom bly het. Sy ma het vir hom 'n kamer laat aanbou, sodat hy al sy vaardighede en geliefde tydverdrywe kon beoefen.
Hy is op Groot Zeekoegat op 7 Junie 1980 oorlede.
Waar is dit? De Doornkraal Boutique Hotel in Langstraat.
Wie was dit? Johannes Meintjes (nie Mein'tjies' nie).
Sy werk kan by die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-huis besigtig word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'